# title: Die diere grawe ’n put

Dit het gebeur die jaar toe dit nie gereën het nie. Die bome het verdroog en doodgegaan. Die riviere het verdwyn en die water het opgedroog. Mens en dier het van honger en dors begin doodgaan.

Leeu en Olifant, die leiers van die diere, het bymekaar gekom om die situasie te bespreek. Leeu sê: “Ons sal doodgaan van die dors. Kom ons roep almal bymekaar en praat daaroor om 'n put te grawe sodat ons van die put se water kan drink.”

Olifant stem in en gaan versprei die nuus onder al die diere: “Koning Leeu en Olifant roep ons almal!”
